Die lewe is vol van waardhede. Wyse brokkies raad. Dinge wat mense wat voor ons hier was, geleer het en vir ons agter gelos het om ons te help. Jy kan die brokkies oral rondom jou vind. Op die suiker sakkies in die koffiewinkel, in jou cheap dagboek wat jy by jou verskaffer gekry het, op die internet, jou vriende en familie, of sommer uit jou kop.
Vraag 1:
Hoekom maak hulle altyd eers sin in "hind sight" Hoekom is die mensdom hardkoppig en so eiewys dat geen raad of hulp goed genoeg is tot dit te laat is. Totdat ons eers al die pyn en seerkry self moes deurgaan? Ek wonder soms wat sou wees, as ek net oop was vir raad. Ek sien dit elke dag, en nog steeds na al die seer. Al probeer ek nou, doen ek steeds soms dieselfde.
Vraag 2:
Indien ons weier om te leer uit ander se foute. Weier om raad te volg. Hoe gaan ons ooit emotioneel vooruit gaan. Hoe gan ons ooit voor kom as elke generasie dieselfde foute moet maak?
Konklusie:
Ek het nie antwoorde op hierdie vrae nie. Wat ek wel vandag kan se, is dat: Elkeen van ons het die vrydheid om te wees. Hoe ons daardie vryheid gebruik hang van ons af. Hoeveel kettings ons anker, hoeveel kettings ons weer breek.
Vandag voel ek vry om te wees. My kettings word een vir een minder.
Tuesday, September 13, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment