Wie jy is, Waar jy is.............?
Wel dit is mos nou maar die hele idee van blog. Ons stuur ons gedagtes,opinies, idees,ervarings en drome in die wye wereld in. Ons gee ons woorde vlerke, en ons laat dit vlieg sonder 'n tracking device. Ons weet nie waar die woorde le plek gaan vind nie. Ek reken ons is besig met SELF SOOTHING, want terapeute is duur en goeies is so skaars soos hoender tande. As jy wel een kry waarmee jy click, dan voel jy weer dit is nodig om met iemand anders te gesels oor die revelations en breakthrough en breakdowns. Toe ek jonk was het ek my kwaad, op papier geskryf en dan verbrand, party mense skryf, sit dit in 'n bottel en gooi dit in die see. Dit is asof die mens 'n eeu oue behoefte het om gedagtes met vreemdes te deel.
Wat ookal die die sielkunde hieragter, die era waarin ons nou is, gee ons geleentheid om ons woorde vlerke te gee, of liewer jet engines. Miskien vind ons woorde iewers le plekkies. Iewers, erens, is daar dalk iemand wat dit moes hoor. Ek is eintlik nog steeds 'n dromer, onder die masker van "Die realis en borderline pessimis."
Als net meganismes om die frail care unit aan my binnekant te beskerm.
SERENDIPITY... ek is mal oor die woord en natuurlik die betekenis:
"the faculty of making fortunate discoveries while searching for other things."
As ek tussen die lyne lees vind ek, dat terwyl ons half blind deur die lewe strompel, ons elke nou en dan die lewe se tekens raaksien. Dit wat ons stilweg in 'n voorafbepaalde rigting ly. Dat daar wel nog mystery en fairytales is, dramas en rillers ook, maar.............dat jy 'n goeie kans staan om op iets amazing's af te kom, gewoonlik as jy glad nie daarvoor soek nie.
Met die paar thoughts se ek hello, en sal nou en dan random dingetjies met jou deel, vanuit "die kamer in my kop"
Tuesday, July 19, 2011
Subscribe to:
Posts (Atom)
