Thursday, July 26, 2012

Seisoene binne en buite

Ek wonder soms hoeveel die seisoen daar buite te make het met die seisoen in my hart.

Dit is nou winter en meeste van die tyd voel dit of ek in een of ander nessie wil inkruip en hiberneer. Ek wil asseblief my ogies toe maak en slaap totdat dit weer lente is. Ek wil slaap wanneer die storms woed, die koue elke ou seer seerder maak. Ek wil dit skip, ek wil bank, stokkies draai.


Ek wil wakker word en die styf uit my lyf strek. Ek wil die warmte van die somerson op my vel voel. Ek wil die swaarte van winter komberse ruil vir 'n ligte laken, ek wil my lang hare afsny ek wil die jasse bere en t-shirts aantrek.


-gedagte- Ek is seker julle weet hoe dit lekker is om in die winter son te sit, maar soms voel mens siekerig daarvan? Dit is asof die winterson 'n herhindering is. Dit herhinder ons aan die somerson, maar dit is nie die somerson nie.  Dit is baie anders. Die somer son verteenwoordig lewe, lente bloeisels, groot oeste uit die groente tuin, braaivleis, strand en see. Die winterson is net lekker vir 'n tydjie, is net tydelike hitte voor die koue briesie daardeur skeur. 

Slotsom:
Dit is nou koud daar buite, en ook hier binne, maar soos dit weer sal lente word daar buite, sal dit weer warm word hier binne.

Tuesday, September 13, 2011

Vryheid om te wees

Die lewe is vol van waardhede. Wyse brokkies raad. Dinge wat mense wat voor ons hier was, geleer het en vir ons agter gelos het om ons te help. Jy kan die brokkies oral rondom jou vind. Op die suiker sakkies in die koffiewinkel, in jou cheap dagboek wat jy by jou verskaffer gekry het, op die internet, jou vriende en familie, of sommer uit jou kop.

Vraag 1:
Hoekom maak hulle altyd eers sin in "hind sight" Hoekom is die mensdom hardkoppig en so eiewys dat geen raad of hulp goed genoeg is tot dit te laat is. Totdat ons eers al die pyn en seerkry self moes deurgaan? Ek wonder soms wat sou wees, as ek net oop was vir raad. Ek sien dit elke dag, en  nog steeds na al die seer. Al probeer ek nou, doen ek steeds soms dieselfde.

Vraag 2:
Indien ons weier om te leer uit ander se foute. Weier om raad te volg. Hoe gaan ons ooit emotioneel vooruit gaan. Hoe gan ons ooit voor kom as elke generasie dieselfde foute moet maak?

Konklusie:
Ek het nie antwoorde op hierdie vrae nie. Wat ek wel vandag kan se, is dat: Elkeen van ons het die vrydheid om te wees. Hoe ons daardie vryheid gebruik hang van ons af. Hoeveel kettings ons anker, hoeveel kettings ons weer breek.

Vandag voel ek vry om te wees. My kettings word een vir een minder.

Tuesday, July 19, 2011

Serendipity en gedagtes wat vlieg met jet engines............

Wie jy is, Waar jy is.............?


Wel dit is mos nou maar die hele idee van blog. Ons stuur ons gedagtes,opinies, idees,ervarings en drome in die wye wereld in. Ons gee ons woorde vlerke, en ons laat dit vlieg sonder 'n tracking device. Ons weet nie waar die woorde le plek gaan vind nie. Ek reken ons is besig met SELF SOOTHING, want terapeute is duur en goeies is so skaars soos hoender tande. As jy wel een kry waarmee jy click, dan voel jy weer dit is nodig om met iemand anders te gesels oor die revelations en breakthrough en breakdowns. Toe ek jonk was het ek my kwaad, op papier geskryf en dan verbrand, party mense skryf, sit dit in 'n bottel en gooi dit in die see. Dit is asof die mens 'n eeu oue behoefte het om gedagtes met vreemdes te deel.


Wat ookal die die sielkunde hieragter, die era waarin ons nou is, gee ons geleentheid om ons woorde vlerke te gee, of liewer jet engines. Miskien vind ons woorde iewers le plekkies. Iewers, erens, is daar dalk iemand wat dit moes hoor. Ek is eintlik nog steeds 'n dromer, onder die masker van "Die realis en borderline pessimis."


Als net meganismes om die frail care unit aan my binnekant te beskerm.


SERENDIPITY... ek is mal oor die woord en natuurlik die betekenis:

"the faculty of making fortunate discoveries while searching for other things."

As ek tussen die lyne lees vind ek, dat terwyl ons half blind deur die lewe strompel, ons elke nou en dan die lewe se tekens raaksien. Dit wat ons stilweg in 'n voorafbepaalde rigting ly. Dat daar wel nog mystery en fairytales is, dramas en rillers ook, maar.............dat jy 'n goeie kans staan om op iets amazing's af te kom, gewoonlik as jy glad nie daarvoor soek nie.


Met die paar thoughts se ek hello, en sal nou en dan random dingetjies met jou deel, vanuit "die kamer in my kop"