Ek wonder soms hoeveel die seisoen daar buite te make het met die seisoen in my hart.
Dit is nou winter en meeste van die tyd voel dit of ek in een of ander nessie wil inkruip en hiberneer. Ek wil asseblief my ogies toe maak en slaap totdat dit weer lente is. Ek wil slaap wanneer die storms woed, die koue elke ou seer seerder maak. Ek wil dit skip, ek wil bank, stokkies draai.
Ek wil wakker word en die styf uit my lyf strek. Ek wil die warmte van die somerson op my vel voel. Ek wil die swaarte van winter komberse ruil vir 'n ligte laken, ek wil my lang hare afsny ek wil die jasse bere en t-shirts aantrek.
-gedagte- Ek is seker julle weet hoe dit lekker is om in die winter son te sit, maar soms voel mens siekerig daarvan? Dit is asof die winterson 'n herhindering is. Dit herhinder ons aan die somerson, maar dit is nie die somerson nie. Dit is baie anders. Die somer son verteenwoordig lewe, lente bloeisels, groot oeste uit die groente tuin, braaivleis, strand en see. Die winterson is net lekker vir 'n tydjie, is net tydelike hitte voor die koue briesie daardeur skeur.
Slotsom:
Dit is nou koud daar buite, en ook hier binne, maar soos dit weer sal lente word daar buite, sal dit weer warm word hier binne.
Thursday, July 26, 2012
Subscribe to:
Posts (Atom)
